
Demografie
Handboek vir die Suid-Afrikaanse student
Om die volle betekenis van demografie te begryp is dit nodig om elkeen van die sleutelkonsepte daarin van nader te beskou. Daar word vandag ook dikwels van demografiese terme gebruikgemaak om sekere verskynsels by insekte- en dierebevolkings te beskryf. Demografie is egter in die eerste plek 'n dissipline wat hom besig hou met die studie van menslike bevolkings. Die beskrywings het uitsluitlik op menslike bevolkings betrekking.